Geef een weeskind een thuis; klik hier
Wat kun je doen tegen zinloos geweld; klik
Krieket het volgens die tradisie eers in ongeveer 1795 tydens die eerste Britse besetting van die Kaap na Suid-Afrika gekom. Daar is beslis besonderhede opgeteken van 'n wedstryd wat in 1808 in Kaapstad tussen die offisiere van die Artilleriemenasie en die Kolonie gespeel is. Dié wedstryd is vir 'n wedgeld van 1000 riksdaalders gespeel.

Ons weet dat die Port Elizabeth-krieketklub in 1843 gestig is en dat die militêre kort daarna in Pietermaritzburg krieket gespeel het.

Kommunikasie was moeilik en stadig en krieket is tot wedstryde tussen plaaslike spanne beperk. In 1875 is die eerste amptelike kompetisie vir interdorpse krieket in die lewe geroep. Die munisipaliteit van Port Elizabeth het nie 'n beker nie maar 'n krieketkolf as trofee aangebied en dit is die Champion Bat (kampioenskolf) genoem. Spanne van King William's Town, Grahamstad, Kaapstad en Port Elizabeth het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Elke span het in hierdie toernooi op Port Elizabeth 'n dubbelbeurtwedstryd teen die ander drie deelnemers gespeel. King William's Town wat al drie wedstryde gewen het, het as onbetwiste wenners uit die stryd getree. Die Champion Bat-kompetisie het 'n paar jaar na mekaar plaasgevind totdat die eerste Engelse span, aangevoer deur Sir C. Aubrey Smith, in die seisoen 1888/1889 in Suid-Afrika aangekom het. Hierdie toerspan het dwarsdeur Suid-Afrika gereis en toetswedstryde in Port Elizabeth en Kaapstad gespeel wat hulle albei gewen het. Die toerspan het 'n pragtige beker met inlegwerk saamgebring wat deur Sir Donald Currie geskenk is en uiteindelik aan Kimberley oorhandig is as die sentrum wat die beste krieket teen die toerspan gespeel het. Hierdie Curriebeker is die volgende jaar vir kompetisie tussen die provinsies aangebied. Transvaal het Kimberley met ses paaltjies verslaan en was dus vir die eerste van baie kere die houer van die Curriebeker.

Dié toetswedstryde wat in die seisoen 1888/1889 begin het, het al spanne van Engeland, Australië en Nieu-Seeland na Suid-Afrika gebring en Springbokspanne wyd en syd laat reis. Suid-Afrikaanse krieket was ongetwyfeld die afgelope 20 jaar op sy beste, met oorwinnings in toetsreekse oor Engeland, Australië en Nieu-Seeland. In die 100 jaar sedert die mededingende krieket vir die eerste keer op aandrang van die burgers van Port Elizabeth georganiseer is, het die spel vir Suid-Afrikaanse skoolseuns tradisioneel geword en het dit onder al ons rasse hier in Suid-Afrika versprei.
   
Krieket                = Cricket
Krieketkolf          = Cricketbat
Toetswedstryd   = Testmatch
Skoolseuns        = Schooljongens